Die slaggate van te veel lofsange.

As jy dink jou kind is die oulikste, slimste kind wat daar is en jy maak seker hulle weet dit, moet jy dalk begin om ‘n bietjie briek aan te draai met al die lofprysing en komplimente of jy maak dalk ‘n narsis groot, volgens die kenners.

Navorsing

Volgens navorsers word bewys dat voortdurende en soms ongegronde lofsange vir kinders se kleinste prestasies en optrede narsistiese gedrag later in hul lewe aanmoedig.

Vir die navorsing moes ouers en hul kinders twee keer per jaar vraelyste invul.

Hul is gepols oor of die kinders meer as ander kinders verdien, n goeie voorbeeld vir ander stel en of die ouers die kinders laat weet hulle is lief vir hulle.

Dit het getoon dat ouerlike oorwaardering kan die verskil beteken tussen ‘n kind met ‘n gesonde selfbeeld en ‘n kind met grootheidswaan.

Genetika

Narsisme kan ook in die genetika teenwoordig wees en volgens sommige teorieë kan dit aan gemoedig word deur ouers wat prys en liefde weerhou, en dat die kinders hul eie selfbeeld ‘n hupstoot moet gee en in die proses arrogant word.

Narsistiese kinders voel verhef bo ander, glo hulle is op voorregte geregtig en smag na voortdurende bewondering van ander.

Bron