HELP ! Dalk te veel stres en meer vatbaar vir COVID-19?

 Stres

Stres het ongemerk deel van ons daaglikse woordeskat en lewe geword. So het die simptome van hoë stresvlakke ook ‘n “normaal” geword, sodat ons dit dalk nie eers meer raaksien nie.

Ons liggaam is ontwerp om ‘n klein bietjie stres op kort termyn te hanteer, maar is nie gebou vir chroniese stres nie.

Matige stres kan produktief wees, jou selfs die motivering gee om tot aksie oor te gaan, die skoolwerk aanlyn te takel en te streef na sukses. Maar te veel daarvan en veral ongekontroleerde stres is baie skadelik en kan afbrekend wees vir die mens.

 Tieners en die Covid-19

Medisie waarsku dat ons moet waak teen te hoë stresvlakke omdat ons daardeur ons liggaam se immuunsisteem aftakel, veral gedurende hierdie COVID-10 epidemie tyd.

Elke stresvolle situasie veroorsaak ‘n styging in ons adrenalienvlakke en gee aanleiding daartoe dat hormone soos kortisol en DHEA vrygestel word.

Kort termyn help hierdie chemiese reaksie ons om deur ‘n krisis te kom, maar langtermyn veroorsaak hierdie oormatige afskeiding, beenverlies, buierigheid, hoofpyne, tipe 2 diabetes en ‘n verswakte immuunsisteem.

Tieners is veral kwesbaar omdat hul in ‘n groeifase met hormonale veranderinge is.

Ons as ouers, moet daarteen waak om nie ook nog ons eie stres, (moontlike werksverlies, finansiële druk, onsekerheid oor moontlike besmetting, kind se skoolwerk en inperkingsfrustrasie) op ons kind se skouers te laai nie!

 Waarskuwingstekens

Waarskuwingstekens waarvoor ons as ouers op die uitkyk moet wees is:

  • Veranderinge in slaappatrone deur te veel of nie genoeg te slaap nie. (Voldoende rus is uiters belangrik gedurende die tiener se groei fase)
  • Veranderinge in eetpatrone deur te veel te eet of te min te wil eet. (Gesonde eetgewoontes moet gevestig word)
  • Voel gereeld naar en kla van ‘n hol gevoel in die maag of maagpyn.
  • Jou tiener se spanningsvlakke is so hoog dat dit sy/haar daaglikse funksionering negatief beinvloed.
  • Die kind is buierig, emosioneel en gou geiriteerd.
  • Toon angstige gedrag soos naels kou, hare uittrek, selfbeseer en herhalende iriteerende gedragspatrone (ticks).
  • Sweet abnormaal baie gedurende die dag vir geen rede nie (ook bekend as “stres sweet” – gaan soms gepaard met ‘n sterk reuk).
  • Haarverlies, ‘n veluitslag en in erge gevalle jikkerigheid en/of gondelroos is ‘n aanduiding.
  • Wanneer spanningshoofpyne, migrains en spierspasmas algemeen voorkom.

Wanneer sommige van die rooiligte flikker, mag ons dit nie ignoreer en as minder ernstig afmaak nie. Dit kan lei tot die afbreuk van sy/haar immuunsisteem en die waarskynlikheid van latere depressie is nie uitgesluit nie.

Indien jy bekommerd of onseker oor jou kind voel, kontak my gerus vir hulpverlening (by wyse van epos, telefonies of vooropgestelde Zoom sessie)